
Hoër rentekoerse fataal, waarsku Cosatu
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank versoek om nie die terugkoopkoers tydens sy komende vergadering te verhoog nie. Die federasie voer aan werkers verkeer reeds onder druk weens hoë lewenskoste, hoofsaaklik as gevolg van stygende brandstofpryse. Hy waarsku hoër rentekoerse sal skuld verhoog, die ekonomie vertraag en werkloosheid, wat reeds uitermate hoog is, vererger. Matthew Parks van Cosatu doen 'n beroep op voortgesette verligting van die brandstofheffing om die druk op huishoudings te verlig:

