
Namibië skerp Ebola-toesig by grensposte op
Loading player...
Namibië het tans geen bevestigde of vermoedelike gevalle van die Ebola-virus nie, het die ministerie van gesondheid bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, gepraat wat sê na aanleiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanwysing van die onlangse uitbreking in die DRK en Uganda as 'n openbare gesondheidsnoodgeval, het die ministerie toesig by toegangspunte verskerp.

