
Britte steier onder hittegolf
Loading player...
Brittanje het vir ’n tweede agtereenvolgende dag sy warmste Meidag op rekord beleef ná temperature in dele van Londen Dinsdag 35°C oorskry het. Die vorige Meirekord van 32,8°C, wat in 1922 opgestel en in 1944 geëwenaar is, is Maandag en oortref. Gesonheidsowerhede het ses oranje hittegesondheidswaarskuwings vir groot dele van Engeland uitgereik wat tot Donderdag van krag sal wees. Spoedbeperkings is ook op treinetwerke ingestel weens vrese dat die hitte spoorlyne kan laat kromtrek en oorhoofse kraglyne kan laat sak. Kosmos 94.1 Nuus het met Meghan Galloway, ‘n oud-Namibiër wat in Yorkshire bly, gesels:

