
Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse
Loading player...
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van vrae oor die administrasie van fondse wat met Oonani Investments Group, die beleggingsarm van die Namibia Traditional Authorities Trust, verband hou. Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

