
President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede van verdediging, toerisme, sport, kultuur en onderwys gelei.

