
Diaz-windkragstasie versterk Namibië se energiesekerheid
Loading player...
Namibië se afhanklikheid van ingevoerde elektrisiteit kan verminder namate die land sy plaaslike hernubare energiebronne uitbrei. Die Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat onlangs ingewy is, bestaan uit elf windturbines met ’n gesamentlike opwekkingsvermoë van 44 megawatt en het N$1,5 miljard gekos. Die Elektrisiteitsbeheerraad se adjunkvoorsitter, Tjama Tjivikua, sê die projek is ’n belangrike stap om energiesekerheid te versterk en Namibië se eie energiebronne beter te benut.

