Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
21
OCT
12am

Vroue boere vat vas

Vroue en jongmense in landbou is steeds in die nuus. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met Helvi Shindume, self ‘n boer en die stigter van Vroue in Landbou in Namibië. Die organisasie beywer hom vir die bevordering van vroue in landbou, veral waar die bedryf nog ontwikkel.
21
OCT
12am

Agribank staan vroue jeug by

Agribank het verskeie produkte beskikbaar gestel vir vroulike en jong boere. Bepalings is in die verband aangepas om te verseker dat die boere finansieël nie uitgesluit word nie en ook vir verbeterde voedselsekerheid. Befondsing vir die groep boere is uitdagend vir verskeie redes en daarom het die bank aanpassings gemaak. Agribank se Hoof Uitvoerende Beampte, Sakaria Nghikembua is ons gas...
20
OCT
2am

Wynplase in nood

‘n Groot webinar word in die buurland aangebied om oplossings te vind vir wynboere. Besprekings sal handel, onder andere, oor alternatiewe opsies vir wyndruiwe en innoverende benutting van kelder spasie. Dit wil voorkom asof dit baie sleg gaan met die bedryf... Bennie Howard, die bekende Suid-Afrikaanse wynkenner het meer in die verband.
20
OCT
2am

Jeug groentetuine vorder goed

Die Namibiese Minister van Sport en Jeug Agnes Tjongarero reeds 4 groot akkerbou projekte tot dusver van stapel gestuur. Daar word beplan van elk van die 14 streke so projek sal hê, nie net vir jeug werkskepping nie, maar ook voedselsekerheid. Werklose jeug tussen die ouderdomme van 18 tot 35 sal betrek word by die projekte. Oor die algemeen het die Nasionale Jeugdiens baie goed tot dusver by verskeie van sy projekte, veral by Rietfontein, gepresteer. Die Minister is ons gas vanoggend op Kosmos 94.1 Landbounuus.
19
OCT
2am

Pieter Moller gesels presisie boerdery

Die bekende in Suid-Afrikaanse landbou kringe Pieter Moller gesels met Johann Hoffmann, ‘n kenner in die gebied van presisie boerdery. Johann het ook onlangs ‘n toekenning losgeslaan.
19
OCT
2am

Weerkenner praat reën!

Dis droog en dis warm. Almal wag vir die reën, maar wanneer? En hoe lyk die volgende twee tot drie maande? Die onafhanklike weerkenner Johan van den Berg sluit by ons aan... oor reën, temperature en meer.
16
OCT
2am

Grondaansoeke skop af in SA

Die Suid-Afrikaanse Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het die aansoekproses vir beskikbare staatsgrond vir landbou oopgestel as deel van die ANC-regering se bydrae tot die grondhervormingsprogram. Daar is 896 plase van 700 000 hektaar onderbenutte of ongebruikte staatsgrond beskikbaar. Vroue, die jeug en mense met gestremdhede sal voorkeur kry. Die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher sluit by ons aan.
16
OCT
2am

Boerdery genereer 30% van kweekhuis gasse

Die VN sê landbou genereer 30 persent van kweekhuis gasse regoor die wêreld en veroorsaak die meeste verliese in biodiversiteit en habitat. Vir reaksie hieroor, het Kosmos 94.1 Landbounuus aangeklop by Dr Chris Brown van die Namibiese Kamer van die Omgewing.
16
OCT
2am

Twee heerlike veilings op pad

Daar is twee groot veilings in die nabye toekoms... Die Eerste is die Nasionale Brahman Veiling wat Woensdag 21 Oktober plaasvind by die Agra / Bank Windhoek Ring in Windhoek. Die veiling is ook aanlyn en skop 6-uur namidaag af. Paul Klein, Algemene Bestuurder van Veilings by Agra gesels vanoggend met ons hieroor:
15
OCT
2am

Registrasie van generasie plaaswerkers sluit vandag

Die sperdatum vir die registrasie van sogenaamde ‘generasie plaaswerkers’ is vandag. Die kategorie van plaaswerkers het ter sprake gekom tydens die tweede grondkonferensie en die algemene gevoel was dat boere die werkers op verskeie maniere by aftrede moet bystaan. Danie van Vuuren van die Namibiese Plaaswerkersvereniging by die Landbou Unie sluit by ons aan in die verband.
15
OCT
1am

Goewerneur praat oor verwoestende brande

Die Namibiese Minister van die Omgewing Pohamba Shifeta het bekend gemaak dat Namibië 42 veldbrand-voorvalle aangeteken het in verskillende streke van die land tussen 23 en 30 September vanjaar. Shifeta sê tussen Januarie en Oktober het meer 875 000 in die kritiese Otjozondjupa-streek afgebrand, die hoogste in die land. Die streek is baie belangrik vir beide veeboere en akkerbou produsent. Die Goewerneur van die streek James Uerikua is ons gas.

590 episodes

« Back 1—12 More »