Die Suid-Afrikaanse rand begin 2026 op 'n sterk noot en bereik sy hoogste vlak sedert 2022, nadat dit Vrydag op 16 rand 57 sent teenoor die Amerikaanse dollar gesluit het. Verlede jaar het die rand met byna 13 persent teenoor die Amerikaanse dollar gestyg, wat sy grootste jaarlikse wins in…
Agt mense, tussen die ouderdom van 25 en 60 jaar, het sedert Oujaarsdag hul eie lewens in Namibië geneem. Vyf van hulle was mans. Dit volg ná agt mense ook tydens die Kersnaweek selfdood gepleeg het – die jongste 22 jaar en die oudste 57. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in…
Kaapstad sal vandag die amptelike Tweede Nuwejaar-vieringe aanbied, met 'n gratis straatparade langs Somersetweg met 20 000 kunstenaars. Die Kaapse Klopse-tradisie is 'n gewaardeerde deel van die Wes-Kaap se kulturele erfenis. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het aan Newzroom Afrika gesê die owerhede het bevestig dat permitte…
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê dat die inhegtenisneming van president Nicolás Maduro nie ’n oorlog teen Venezuela is nie. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is tydens Saterdag se aanvalle deur Amerikaanse magte gevange geneem. Hy word in ’n tronk in New York aangehou en staar…
Goeie reënval en die verwagting dat gunstige neerslae deur die seisoen sal voortduur, sal volgens die Bank van Namibië akkerbou vanjaar laat floreer. ’n Baie goeie reënseisoen verlede jaar het na raming tot groei van meer as 26 persent in die sektor bygedra. Die sentrale bank voorspel dat akkerbou vanjaar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.