Staatskaper in SA, beboet en tronk toe

Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die skuldigbevinding van die staatskapingsbeskuldigde, Yakub Bhikhu, verwelkom nadat hy skuldig gepleit het op 81 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en belastingsoortredings. Die streekshof in Pretoria het Bhikhu tot tien jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is, en hom gelas om 300 000 rand aan Transnet terug te betaal. Die Teenkorrupsie-ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Henry Mamothame, sê Bhikhu se onderneming, Homix, is met 500 000 rand beboet, maar dit is opgeskort op voorwaarde dat geen verdere oortredings plaasvind nie:
19 Jul 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapse Klopse vier vandag Tweede Nuwejaar

Kaapstad sal vandag die amptelike Tweede Nuwejaar-vieringe aanbied, met 'n gratis straatparade langs Somersetweg met 20 000 kunstenaars. Die Kaapse Klopse-tradisie is 'n gewaardeerde deel van die Wes-Kaap se kulturele erfenis. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het aan Newzroom Afrika gesê die owerhede het bevestig dat permitte…
4 Jan 10PM 1 min

VSA verwag nakoming en samewerking van Venezuela - Rubio

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê dat die inhegtenisneming van president Nicolás Maduro nie ’n oorlog teen Venezuela is nie. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is tydens Saterdag se aanvalle deur Amerikaanse magte gevange geneem. Hy word in ’n tronk in New York aangehou en staar…
4 Jan 10PM 1 min

Uitstekende vooruitsigte vir akkerbou

Goeie reënval en die verwagting dat gunstige neerslae deur die seisoen sal voortduur, sal volgens die Bank van Namibië akkerbou vanjaar laat floreer. ’n Baie goeie reënseisoen verlede jaar het na raming tot groei van meer as 26 persent in die sektor bygedra. Die sentrale bank voorspel dat akkerbou vanjaar…
4 Jan 6AM 1 min

SA grensposte gereed vir instroming

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato sê die departement van binnelandse sake en die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge sal help dat die hantering van migrante en asielsoekers die naweek glad verloop. Groter getalle mense word verwag om na Suid-Afrika terug te keer namate ná die spitsvakansieseisoen…
4 Jan 4AM 1 min

Ramaphosa kondig klimaatkommissie aan

President Cyril Ramaphosa het die Presidensiële Klimaatkommissie van 25 lede vir die 2026/2030-termyn aangekondig, na aanleiding van openbare benoemings ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024. Die kommissarisse, insluitend Nasiphi Moya en Shaamela Soobramoney, bring kundigheid in klimaatbeleid, volhoubare ontwikkeling, energie en maatskaplike geregtigheid. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa…
4 Jan 2AM 1 min