Kunsmatige intelligensie is in die kollig nadat Amerikaanse militêre spanne Anthropic se KI-bot Claude gebruik het vir militêre intelligensie voor die aanval op Iran. Dit bring kommer oor werksekerheid weens KI weer na vore. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Tim Parkhouse gepraat wat raad gee vir jong werksoekers.
Die Alexandra-landdroshof in Johannesburg het die borgtogaansoek van die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine, en sy medebeskuldigde, Tobias Mugabe Matonhodze, tot Donderdag uitgestel weens uitstaande dokumente en kragprobleme. Die twee word aangekla van poging tot moord en regsverydeling na 'n skietvoorval by hul huis in Hydepark…
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië sal môre 'n bloedskenk-veldtog in Rehoboth aanbied. Die kliniek sal van 11-uur die oggend tot 6-uur die namiddag by die Hermanus van Wyk-saal gehou word. Die diens se opvoedkundige beampte, Frieda Vatileni-Asino, doen 'n beroep op inwoners om in groot getalle op te daag om lewens…
Chaos het in die parlement uitgebreek toe AR-leier Job Amupanda met adjunk-onderwysminister Dino Ballotti gebots het, nadat Balloti vir hom geskree het om sy sitplek in te neem. Amupanda het duidelikheid gesoek oor waarom parlementêre reëls na bewering nie nagekom word nie. Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.