Die ministerie van Vervoer het die kabinet se goedkeuring verwelkom om die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf tot tien jaar te verleng. Die verandering is van toepassing op ligte voertuig- en motorfietslisensies, terwyl swaarvoertuiglisensies en professionele bestuurspermitte hul huidige hernuwingstydperke sal behou. Die woordvoerder van die ministerie,…
Zimbabwe se minister van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, professor Mthuli Ncube, sê die regering het sowat 79,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan die repatriasie en herinskakeling van landsburgers wat uit Suid-Afrika terugkeer. Meer as 36 000 Zimbabwiese burgers het deur regeringsondersteunde reëlings, en byna 80 000 het op hul eie…
Die leier van die EFF, Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa moet nie anders behandel word as enige ander burger nie en die Phala Phala-verantwoordingsproses moet voortgaan. Malema het aan die media gesê die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap wat die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek gestaak het, skep…
'n Hoëvlak-gemeenskapsraadplegende vergadering is tans in Outjo aan die gang om kwessies aan te spreek wat die Hai//Om San-gemeenskappe in en om Etosha Nasionale Park raak. Sleutelkwessies sluit in 'n algehele gebrek aan gemeenskaplike grondregte, uiterste armoede op hervestigingsplase en voortdurende regstryde oor voorvaderlike gebiede. Die vergadering word gelei deur…
Die Republikeine in die Amerikaanse Senaat het weereens die resolusie oor oorlogsmagte wat president Donald Trump sou dwing om Amerikaanse magte aan vyandelikhede met Iran te onttrek, gekeer. Die resolusie is met 49 teen 50 afgekeur, met die Demokratiese senator, John Fetterman, wat saam met die Republikeine gestem het. Dis…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.