BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Loading player...
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu juig oor R358 miljoen-boete aan Steinhoff-hoë

Cosatu verwelkom 'n boete van 358-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor aan 'n voormalige direkteur van Steinhoff, Stephanus Johannes Grobler opgelê het. 'n Ondersoek deur die owerheid het bevind Grobler het die Wet op Finansiële Markte oortree, veral rakende bepalings wat die regstreekse of onregstreekse vervaardiging…
3 Mar 8AM 1 min

Diepte-beplanning sal Bokke deurhaak, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is goed geplaas voor ’n veeleisende seisoen waarin die groep se diepte belangrik sal wees. Die wêreldkampioen se seisoen begin op 20 Junie in Gqeberha met ’n wedstryd teen die Barbarians voordat hulle Nasieskampioenskap-veldtog op 4 Julie op Ellispark afskop teen Engeland. Nege-en-veertig spelers…
3 Mar 8AM 1 min

Januarie-handelsbalans teken N$193 miljoen surplus aan

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste handelstatistieke, die vir Januarie vanjaar, vrygestel. Handel-inkomste vir Namibië het gestyg en die handelsbalans het 'n surplus van 193 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Uraan was die mees uitgevoerde produk vir Januarie. Mirjam Shihepo, die agentskap-woordvoerder, het meer.
3 Mar 7AM 1 min

Clintons se video-getuienis oor Epstein vrygestel

Die Amerikaanse Huis-oorsigkomitee het oudpresident Bill Clinton en sy vrou, Hillary Clinton, se verklarings wat agter geslote deure op video afgelê is, amptelik vrygestel. Hulle het verlede week vrae voor die Republikeins-geleide komitee beantwoord oor die veroordeelde seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, en sy vriendin, Ghislaine Maxwell. Die egpaar ontken enige…
3 Mar 7AM 1 min

Sankwasa eis onpartydige dienslewering by dorpsrade

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, dring daarop aan dat raadslede onpartydige samewerking moet aanneem om dienslewering te verbeter. Hy het die oproep gemaak tydens 'n inlywingswerkswinkel in Otjiwarongo, wat deur leiers van die Otjozondjupa- en Khomas-streke bygewoon is.
3 Mar 5AM 1 min