Die Republikeine in die Amerikaanse Senaat het weereens die resolusie oor oorlogsmagte wat president Donald Trump sou dwing om Amerikaanse magte aan vyandelikhede met Iran te onttrek, gekeer. Die resolusie is met 49 teen 50 afgekeur, met die Demokratiese senator, John Fetterman, wat saam met die Republikeine gestem het. Dis…
Statistiek Suid-Afrika sê die aantal maatskappylikwidasies het effens afgeneem in Junie. Die totale aantal likwidasies het met 0,4-persent op 'n jaargrondslag gedaal, van 246 tot 245 gevalle. Maatskappy-likwidasies het afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies toegeneem het. Onica Mushwana van Statistiek SA sê likwidasies was 1,4-persent laer tussen April en…
The Namibian Journal of Social Justice se vyfde uitgawe oor onderwys en bevryding is pas bekendgestel. Die uitgawe fokus op die dekonstruksie van hoe onderwys terugskakel na ware maatskaplike bevryding, insluiting en bemagtiging in 'n post-koloniale samelewing. Mede-redakteur van die tydskrif professor Lucy Edwards-Jauch, sê dit is tyd dat Namibië…
Die toekoms van die dormante Witvlei-abattoir bly onseker, met Agribank wat bevestig het dat hulle die fasiliteit weer te koop geadverteer het teen 'n reserweprys van meer as 51,7 miljoen Namibiese dollar. Hoewel daar belangstelling van voornemende beleggers is, is geen heropeningsdatum nog bevestig nie. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het 'n…
Die energieministerie sal na verwagting binnekort Augustus se brandstofprysaanpassing aankondig. Sedert die prysverlagings in Julie het Brent-ruolie tot hoër as 90 Amerikaanse dollar per vat gestyg, gedryf deur hernude spanning tussen Amerika, Israel en Iran, en kommer oor verskeping deur die Straat van Hormuz. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.