Kenner glo nie SA sal slaag in volksmoordsaak teen Israel nie

Loading player...
Die Internasionale Geregshof het verlede jaar uitstel aan Israel toegestaan om sy skriftelike reaksie in die volksmoordsaak wat deur Suid-Afrika aanhangig gemaak is in te dien, met die nuwe sperdatum vasgestel op 12 Maart vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat wat sê hy twyfel of Israel skuldig bevind sal word, veral nie as die VSA 'n sê het nie.
26 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu juig oor R358 miljoen-boete aan Steinhoff-hoë

Cosatu verwelkom 'n boete van 358-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor aan 'n voormalige direkteur van Steinhoff, Stephanus Johannes Grobler opgelê het. 'n Ondersoek deur die owerheid het bevind Grobler het die Wet op Finansiële Markte oortree, veral rakende bepalings wat die regstreekse of onregstreekse vervaardiging…
3 Mar 8AM 1 min

Diepte-beplanning sal Bokke deurhaak, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is goed geplaas voor ’n veeleisende seisoen waarin die groep se diepte belangrik sal wees. Die wêreldkampioen se seisoen begin op 20 Junie in Gqeberha met ’n wedstryd teen die Barbarians voordat hulle Nasieskampioenskap-veldtog op 4 Julie op Ellispark afskop teen Engeland. Nege-en-veertig spelers…
3 Mar 8AM 1 min

Januarie-handelsbalans teken N$193 miljoen surplus aan

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste handelstatistieke, die vir Januarie vanjaar, vrygestel. Handel-inkomste vir Namibië het gestyg en die handelsbalans het 'n surplus van 193 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Uraan was die mees uitgevoerde produk vir Januarie. Mirjam Shihepo, die agentskap-woordvoerder, het meer.
3 Mar 7AM 1 min

Clintons se video-getuienis oor Epstein vrygestel

Die Amerikaanse Huis-oorsigkomitee het oudpresident Bill Clinton en sy vrou, Hillary Clinton, se verklarings wat agter geslote deure op video afgelê is, amptelik vrygestel. Hulle het verlede week vrae voor die Republikeins-geleide komitee beantwoord oor die veroordeelde seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, en sy vriendin, Ghislaine Maxwell. Die egpaar ontken enige…
3 Mar 7AM 1 min

Sankwasa eis onpartydige dienslewering by dorpsrade

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, dring daarop aan dat raadslede onpartydige samewerking moet aanneem om dienslewering te verbeter. Hy het die oproep gemaak tydens 'n inlywingswerkswinkel in Otjiwarongo, wat deur leiers van die Otjozondjupa- en Khomas-streke bygewoon is.
3 Mar 5AM 1 min