VSA wen die oorlog - Hegseth

Loading player...
Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag op 'n perskonferensie gesê die VSA wen die oorlog teen Iran, maar het nie 'n tydlyn verskaf oor wanneer die oorlog sal eindig nie. Hy het beklemtoon dat president Donald Trump daaroor sal besluit, en erken dat Israel sy eie doelwitte in die konflik het. Hegseth sê dat Amerika Dinsdag die mees intense aanvalle nog op Iran uitgevoer het.
10 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou, bosbou, visserye verloor 47,3% van sy werksgeleenthede

Nuwe data toon dat die landbou-, bosbou- en visserysektor 47,2 persent van sy werksgeleenthede tussen 2018 en 2023 verloor het, wat nuwe kommer oor lewensonderhoud laat ontstaan. Robert McGregor van Cirrus Capital het by die Okabra Boeredag gesê die verliese kom te midde van reeds hoë werkloosheid. Hy waarsku dat…
29 Apr 12AM 1 min

Ampsdraers se verhoogde voordele... wat van Jan Alleman?

Reaksie word ontvang op die goedkeuring van nuwe salarisse en voordele vir ministers, goewerneurs en parlementslede sowel as senior staatsamptenare. Die pakket sluit staatsgedekte water en elektrisiteit, amptelike vervoer en behuisingstoelaes in vir senior regeringsamptenare, van die eerste minister tot spesiale adviseurs. Bestuurskenner Marius Kudumo sê daar kan nie net…
29 Apr 12AM 1 min

Landbou sê daar is nie 'n BKS-uitbreking nie

Die landbouministerie het op aanlyn-gerugte reageer en dit duidelik gestel dat daar geen bek-en-klouseer gevalle in die land is nie, en dat daar dus nie so 'n uitbreking bestaan nie. Dit volg op verwarring onder die publiek nadat Windhoek Gimnasium 'n geval van hand, voet, en mond-siekte in een van…
28 Apr 11PM 1 min

Trump skerts oor sy ma se voorliefde vir Charles

Brittanje se Koning Charles en Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag in die Oval Office ontmoet nadat die koninklikes op die tweede dag van hul Amerikaanse staatsbesoek by die Withuis aangekom het. Trump en presidentsvrou Melania Trump het die monarg en koningin Camilla by 'n seremonie vol prag en praal…
28 Apr 11PM 1 min