Huishoudelike kredietverlening 'sal vanjaar nie veel toeneem'

Loading player...
Privaatsektor kredietverlening het in Januarie vanjaar tot 4,1 persent gedaal vanaf 4,4 persent in Desember 2025. FNB Namibië sê dit weerspieël 'n sagter begin van die jaar, ten spyte daarvan dat dit effens bo die groei van 4,1 persent was in Januarie 2025. Dit is hoofsaaklik gedryf deur 'n verlangsaming in korporatiewe kredietvraag, wat met 1 persentasiepunt tot 5,8 persent gedaal het. In teenstelling hiermee het huishoudelike kredietgroei verdere momentum gekry en tot 3 persent in Januarie gestyg vanaf 2,7 persent in Desember. FNB-ontleder Ndateelela Amukuhu:
11 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verligting in brandstofheffings kos SA-regering R17 miljard

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die koste van die tydelike verlaging van die brandstofheffing, van April tot Junie 2026, beteken ʼn verlies van ongeveer 17,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan belastinginkomste. Die regering het die vermindering van 3 rand per liter vir petrol en 3,93 rand per liter vir…
29 Apr 2AM 1 min

Charles lewer geskiendkundige toespraak in Kongres

Koning Charles die Derde het ʼn geskiedkundige toespraak voor die Amerikaanse Kongres gelewer. Hy het die belangrikheid van die verhouding tussen die Verenigde Koninkryk en Amerika beklemtoon, diversiteit en vrede aangemoedig en multilaterale instellings geloof. Dit was die eerste koninklike toespraak voor die Kongres sedert dié van koningin Elizabeth die…
29 Apr 2AM 1 min

Simbine Classis ‘n reuse-sukses

Suid-Afrika het die mans en vroue se 4x100-meter aflosse by die eerste Simbine Classic-byeenkoms in Tshwane gewen. Emmanuel Eseme van Kameroen het die Amerikaner, Pjai Austin, geklop toe hy die mans se 100 meter-item in 10,03-sekondes genael het. Akani Simbine is halfpad deur die wedloop beseer en het laaste gekom…
29 Apr 1AM 1 min

Plaaslike malaria-reaksie kry teenstand

Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die ministerie verskerp pogings om malaria in geaffekteerde streke te bekamp. Sedert Januarie het Namibië 57 180 bevestigde malariagevalle aangeteken, met die Omusati-streek een van die hardste getrefde gebiede. Landwyd is 3 067 mense in die hospitaal opgeneem, terwyl 61 aan die siekte gesterf het. Luvindao…
29 Apr 1AM 1 min