VALSE VRIENDE

Vytjie Mentor en Johan Booysen, in gesprek met Pearlie Joubert

Die Zuma-fluitjieblaser Vytjie Mentor (No Holy Cows) en oudhoof van die KwaZulu-Natal Valke, majoor-generaal Johan Booysen (Blood On their Hands
– General Johan Booysen Reveals His Truth), praat pront oor die etiket van om as “verraaier” gebrandmerk te word, en hoe die wiel tóg draai. Johan was destyds sy pos kwyt oor bewerings dat hy lid van die sogenaamde Cato Manor-moordbende is, terwyl Vytjie verstoot is nadat sy ’n ministerspos van die Guptas van die hand gewys het. Pearlie Joubert, wat in 2015 by die Sunday Times bedank het oor etiese verskille met die bestuur, lei die gesprek.