HUMOR TEEN DIE PYN

Ingrid Winterbach, Tinus Horn en Charl-Pierre Naudé, in gesprek met Bibi Slippers

Aangebied deur NB-Uitgewers

Humor bind die drie skrywers saam. In Ingrid Winterbach se Die troebel tyd haak Magrieta Prinsloo, ’n dier- kundige, se kop uit op die verkeerde antidepressant en is sy haar loopbaan kwyt. Haar nuwe pos by die Buro vir Voortgesette Onderrig verwar en verwonder haar. In die digter Charl-
Pierre Naudé se debuutroman, Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey, is sy hoofkarakter só skaam hy wil nie op foto’s verskyn nie, terwyl Joe, die vervaardiger van “kunswerke van twyfelagtige waarde” in Tinus Horn se Wat het geword van Dinsdag?, by ’n New Yorkse backpackers gekonfronteer word met figure uit sy verlede. Die drie gesels met Bibi Slippers oor lag en skryf.