INGRID MET ZAKES MDA

--:--
Ingrid Winterbach vra Zakes Mda uit.

Aangebied deur Penguin Random House

In 1885 is ’n groep mans, bekend as “Farini’s Friendly Zulus”, na Brittanje en toe na Amerika geneem om sogenaamde curiosities te verrig. En daarom open die veelbekroonde Zakes Mda (wat hom deesdae as professor
in Ohio bevind) se jongste roman, The Zulus Of New York, in die winter van 1885 in New York. Die hoofman van dié freak show is Mpiyezintombi, wat die Engelssprekendes sommer Em-Pee noem en wat gelukkig nie soos die ander op hok gehou word nie. Die liefde van sy lewe is die pragtige Dinka, met haar goue papierkroon, maar sy is die duurgekoopte eiendom van Mnr. Duval. Ingrid Winterbach gesels met Zakes oor hierdie treffende storie van historiese ongeregtigheid en die transformerende krag van liefde en die kreatiewe gees.
5 Mar 2019 Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

RAINBOW NATION BY CAR

Dana Snyman en Sihle Khumalo, in gesprek met Erns Grundling Aangebied deur Penguin Random House Net soos Dana Snyman in Uit die binneland, openbaar Sihle Khumalo ’n groot liefde vir die platteland en sy mense. En dis hierheen waarna hy terugkeer in Rainbow Nation My Zulu Arse, sy tong stewig…
4 Mar 2019 1 hr 01 min

1Recce

Met: Alexander Strachan in gesprek met Fransjohan Pretorius Aangebied deur Tafelberg 1Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hulle lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime…
1 Mar 2019 56 min

DEON MEYER: PROOI

Aangebied deur Human & Rousseau Met: Irma Venter Griessel en Cupido wil nie die dossier hê nie. Die een van Johnson Johnson, die oudpoliesman wie se lyk langs die treinspoor anderkant Drie Susters gekry is. En daar’s groot druk van bo af om dit selfmoord te noem. Dit lyk al…
2 Mar 2019 1 hr 01 min

DIE KRIEGLER-GESPREK

Johann Kriegler gesels met Rafael Marques de Morais en Adriaan Basson Oudregter Johann Kriegler ondervra twee topjoernaliste, 2018 se World Press Freedom Hero Rafael Marques de Morais van Angola, en News24- redakteur en skrywer Adriaan Basson, oor die wisselwerking tussen persvryheid en menseregte en watter rol ondersoekende joernaliste kan speel…
4 Mar 2019 1 hr 05 min

BLOEDBANDE MET VERWOERD

Wilhelm Verwoerd, in gesprek met Lukhanyo Calata Aangebied deur Tafelberg Ná jare in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika om vrede te maak met sy eie familie en geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n bietjie, sit en skryf hy onder ’n gesinsfoto waarop sy oupa, Hendrik French Verwoerd, hom…
1 Mar 2019 55 min