OUR LOVE LETTERS
--:--
Karina Szczurek, in gesprek met Kerneels Breytenbach
Aangebied deur Protea Boekhuis
Haar man het haar met briewe die hof gemaak, vertel Karina Szczurek van die skrywer André P. Brink, met wie sy ’n dekade getroud was. Nou is dié
briefwisseling sedert hulle ontmoeting in Desember 2004 in Oostenryk deur Karina gebundel as laaste liefdestaak teenoor André. You Make Me Possible begin in die roes van die ontdekking van ’n geesgenoot, dokumenteer die brose begin van ’n byna onmoontlike verhouding, en daarna die verdieping daarvan tot ’n volwasse verhouding
in ’n nuwe wêreld van saamwees en erkenning. Kerneels Breytenbach vra haar uit.