SOOS 'N KOEIPAAL
--:--
Met: Ronelda S Kamfer
Jan Rabie & Marjorie Wallace-lesing, UWK
“Daar was ’n koeipaal op die plaas in Grabouw, maar geen koeie nie. Net appels,” sê die digter Ronelda S Kamfer, die eerste vroulike en eerste swart wenner van die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs in haar lesing aan die einde van haar beurstermyn. “Vir dié wat nie weet nie, ’n koeipaal is die melkpos waaraan die astrante koeie vasgemaak word wanneer hulle gemelk word. Ek het vir jare my plek op die plaas gesoek en toe eendag besef ek en die koeipaal is dieselfde. En oor haar nuwe roman, Kompoun, wat meer is as net ’n huldeblyk, sê sy: “Kompoun is die vars blomme op die graf van almal wat vir eeue lank in stilte bestaan het. Baie van ons hier is die afstammelinge van een van die oudste groep mense op die planeet, maar hierdie geskiedenis is geskryf in sand.” Ná die lesing sal Bettina Wyngaard ’n kort paneelgesprek lei met Christi van der Westhuizen, Valda Jansen en Ronelda oor waar Afrikaanse
letterkunde vandag in die internasionale feminismedebat staan.