Die konserwatiewe politieke aktivis en medestigter van Turning Point USA, Charlie Kirk, is tydens ʼn geleentheid by die Utah Valley University doodgeskiet. Die 31-jarige Kirk wat ook ʼn bondgenoot van president Donald Trump was, het buitelug-debatte op kampusse reg oor Amerika gehou met temas soos transgender-identiteit, klimaatsverandering, geloof en gesinswaardes…
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, het staatsbeheerde ondernemings en die privaatsektor gekritiseer vir die voortsetting van wat hy moderne apartheid noem deur ongelyke betaling en 'n gebrek aan deursigtigheid oor salarisse. Amupanda het in die Nasionale Vergadering gesê dat ten spyte daarvan dat Artikel 23 van die…
'n Afsny-laagdrukstelsel wat langs Namibië se weskus hang, skuif uiteindelik suidwaarts, wat gedeeltelik bewolkte lug en 'n kans op buie na die verre suidweste bring. Olga Tjiueza van die Namibiese Meteorologiese Diens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en waarsku teen sterk winde in die binneland en langs die kus…
Die smokkel van polisie en weermag wapens na Suid-Afrika bly in die nuus. In tussen het agt verdagtes stil-stil in Augustus verskyn in die hoofstad in verband met die smokkel van AK-47s. Ten spyte van talle pogings om kommentaar by luitenant-generaal Joseph Shikongo te kry, het hy en brigadier-generaal Fillimon…
Terwyl konsultasies oor Namibië se konsep-petroleumbeleid vir plaaslike inhoud voortduur, neem kommer toe dat dit stilweg polities gekonnekteerde "middelmanne" kan bevoordeel, ten spyte daarvan dat dit as 'n oorwinning vir gewone burgers bemark word. Bestuurskenner Marius Kudumo sê die fokus moet op billike verspreiding wees, nie op die verryking van…
Donald Trump is nie die enigste wat kleitrap weens sy vroeëre verbintenis met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein nie. Die Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, het aan Epstein gesê om “te veg vir vroeë vrylating” en het geskryf: “Jou vriende bly by jou en is lief vir jou”,…
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moedig polisiebeamptes aan om beskikbare werknemersgesondheids- en welstandsdienste te gebruik om die geestelike en emosionele tol van hul veeleisende werk aan te spreek. Kwessies wat die welstand van SAPD-lede raak, sluit in geestesgesondheidskwessies, leefstylsiektes, dissiplinêre sake waarmee hulle te kampe het, en finansiële uitdagings. Die…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het aan die parlement gesê Suid-Afrika se optrede volg die Volksmoordkonvensie na en geskille oor staatsverantwoordelikheid moet na die Internasionale Geregshof verwys word. Lamola het bewyse van volksmoordverklarings deur Israelse amptenare uitgelig en aanvalle op burgerlikes in Gaza veroordeel. Hy beklemtoon…
Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker sê hy is tegelykertyd senuweeagtig en opgewonde, maar fokus net daarop om na die beste van sy vermoë te speel. Die 22-jarige speler draf Saterdag die eerste keer in die opdrafspan uit wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Wellington kragte meet. Hy was verlede week in…
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê Namibië se hernude oproep vir Kuba se verwydering van die Amerikaanse terreurlys kan diplomatieke spanning met Westerse moondhede, veral die Verenigde State, veroorsaak. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila het Namibië se steun vir die verwydering van Kuba van die terreurlys herbevestig. Met Washington wat sy "totale druk"-embargo…
Die verdedigingsministerie het bewerings verwerp dat wapens van sy weermag bendegeweld in Suid-Afrika se Wes-Kaap aanvuur. Dit volg op 'n verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime, wat beweer dat sommige bendeleiers vuurwapens uit Namibiese polisie- en militêre voorrade verkry het. Die verslag het weer opgeduik na die…
PDM-leier McHenry Venaani doen 'n beroep op finansminister Erica Shafudah, om interne probleme by Agribank te ondersoek. Venaani het vanmiddag in die Nasionale Vergadering beweer dat vertragings, insluitend 'n ses maande lange leningsgoedkeuringsproses en burokratiese rompslomp, boere daartoe dryf om kopers wat Agribank-finansiering by veilings gebruik, te verwerp en eerder…
Die minister van mynbou en energie, Natangwe Ithete, het 'n beroep gedoen op dringende optrede om die land se groenwaterstof ambisies in tasbare voordele vir gewone burgers te omskep. Hy het vanoggend by die Globale Afrika-groenwaterstofberaad in Windhoek gesê die tyd vir beplanning en beloftes is verby. Die fokus moet…
Die DA sê hy verwelkom die voortgesette groei in die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk onder die rentmeesterskap van minister John Steenhuisen. Die sektor het in die tweede kwartaal vanjaar met 2,5-persent gegroei ná ʼn hersiene 18,6-persent styging in die eerste kwartaal. Dis hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende…
Debmarine het twee ultramoderne mariene treilers onthul, wat na verwagting diamantherwinning met 20 persent sal verhoog, broodnodig in die tyd van dalende pryse. Die masjiene, ter waarde van 1,1 miljard Namibiese dollar, sal binnekort 80 000 natuurlike diamante per jaar van die seebodem begin oes, terwyl streng omgewingsstandaarde nagekom word…
Die konstruksiereus, Murray and Roberts Holdings, is na ʼn hofbevel onder voorlopige likwidasie geplaas. Die Gautengse Hooggeregshof het die bevel toegestaan na ʼn aansoek deur die maatskappy se krediteure. Dit kom te midde van ʼn parallelle proses waar Murray and Roberts Limited, ʼn dogtermaatskappy van die beheermaatskappy, onder vrywillige sakeredding…
President Cyril Ramaphosa het die rol van adjunkministers verdedig, ten spyte van kritiek oor die hoë koste vir belastingbetalers. Ramaphosa het in die parlement gesê adjunkministers voeg steeds waarde by die regering se bedrywighede. Athol Trollip van ActionSA voer aan dat 42 adjunkministers verkwistende uitgawes is en op begunstiging neerkom…
10 Sep 6AM
1 min
2500 – 2520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.