NNN vra NV om onpartydig saam te werk vir Namibiërs

Loading player...
Die derde sitting van die Agtste Parlement het vanmiddag amptelik geopen. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die opening van die sitting teleurstelling uitgespreek dat slegs twee monetêre wetsontwerpe van die nege wetsontwerpe wat in die laaste sittings van die parlement ter tafel gelê is, aangeneem is. Sy het politieke partye aangespoor om bo partydigheid uit te styg en met waardigheid die openbare vertroue te herstel.
3 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hervorming van brandstofbedryf vorder, sê Amutse

Die regering maak vordering met die implementering van hervormings wat daarop gemik is om brandstofkoste te verlaag en die doeltreffendheid van petroleuminvoere te verbeter, sê energieminister Modestus Amutse. Amutse het Saterdag tydens ‘n nuuskonferensie gesê die plaaslike brandstofbedryf is verskeie kere deur die Namibiese Oliebedryfvereniging geraadpleeg oor planne om die…
31 May 5AM 1 min

Té duur om Madlanga-kommissie te verleng

Die Presidensie sê daar is geen planne om die Madlanga-kommissie te verleng ná sy huidige sperdatum nie, weens die koste wat daaraan verbonde is. Woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan Newzroom Afrika gesê president Cyril Ramaphosa is tevrede met die kommissie se vordering en die stappe wat gedoen…
31 May 5AM 1 min

Never Walk Alone 'n nasionale oproep tot deernis, sê Witbooi

Adjunkpresident Lucia Witbooi sê die Never Walk Alone-inisiatief is ’n nasionale oproep tot deernis, eenheid en gedeelde verantwoordelikheid om te verseker dat geen Namibiese kind van waardigheid, selfvertroue of toegang tot onderwys ontneem word omdat hulle nie ’n paar skoene het nie. Witbooi het Saterdag tydens die jaarlikse Never Walk…
31 May 4AM 1 min

Grondeisers by Krugerwildtuin baat by nuwe inisiatief

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, het 'n ooreenkoms vir 'n bevoordelingskema met grondeisers onderteken wat aan die Krugerwildtuin gekoppel is, en saamval met die eeuvieringe van die wildtuin. Die inisiatief van sewe grondeisers is gemik op die skepping van werksgeleenthede, sakegeleenthede, vaardigheidsontwikkeling en belegging vir…
31 May 3AM 1 min

Tydelike invoerreëls vir buitelandse voertuie môre in SA van krag

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se hoof van Doeane- en Aksyns, Beyers Theron, het herhaal dat alle buitelandse geregistreerde voertuie wat Suid-Afrika binnekom, vanaf môre verklaar moet word vir tydelike invoer. Beyers sê buitelandse voertuigeienaars moet voertuie deur die Reisigersbestuurstelsel verklaar, voor hulle die land binnekom of verlaat. Hy het in gesprek…
31 May 2AM 1 min