Die Gautengse Taakspan oor Politieke Moorde het die EFF-lid, Aaron Makola wat in Bronkhorstspruit as vermis aangemeld is, gevind. Die 51-jarige Makola het op 10 Julie vermis geraak en sy voertuig is later verlate gevind. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die taakspan het die ondersoek oorgeneem nadat hulle met…
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad waarsku die publiek en SME-fondsaansoekers oor bedrieglike e-posse wat voorgee dat hulle amptelike SME-fonds-aanvaardingskennisgewings is. Woordvoerder Catherine Shipushu sê daardie e-posse is bedoel om ontvangers te mislei en te bedrieg. Sy sê bedrieërs doen hulle voor as lede van die SME-fondsspan en dring daarop aan…
Die ministerie van Vervoer het die kabinet se goedkeuring verwelkom om die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf tot tien jaar te verleng. Die verandering is van toepassing op ligte voertuig- en motorfietslisensies, terwyl swaarvoertuiglisensies en professionele bestuurspermitte hul huidige hernuwingstydperke sal behou. Die woordvoerder van die ministerie,…
Zimbabwe se minister van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, professor Mthuli Ncube, sê die regering het sowat 79,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan die repatriasie en herinskakeling van landsburgers wat uit Suid-Afrika terugkeer. Meer as 36 000 Zimbabwiese burgers het deur regeringsondersteunde reëlings, en byna 80 000 het op hul eie…
Die leier van die EFF, Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa moet nie anders behandel word as enige ander burger nie en die Phala Phala-verantwoordingsproses moet voortgaan. Malema het aan die media gesê die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap wat die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek gestaak het, skep…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.