Waarskuwing vir SA oor sy stappe by Den Haag

Loading player...
Die bekende onafhanklike Palestyns-Amerikaanse joernalis, Sam Husseini, waarsku dat Suid-Afrika strawwe ekonomiese vergelding van die VSA kan ondervind. Dit volg te midde van afwagting op 'n uitslag in die volksmoordsaak wat hy in 2023 by die Internasionale Geregshof aanhangig gemaak het. Husseini het in 'n lesing by die Universiteit van Wes-Kaapland gesê Suid-Afrika kan nog 'n ronde noodbevele van die hof bekom, maar het gewaarsku dat dit onmiddellike en langtermyn-gevolge vir die land kan inhou:
24 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okahandja-skole kry voorafbetaalde meters

Die onderwysministerie het voorafbetaalde watermeters by skole in Okahandja geïnstalleer, asook voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, wat hom baie geld spaar. Dit is volgens lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering, in antwoord op 'n vraag van die Republikeinse Party-parlementslid Mathias Mbundu oor 'n gebrek aan water by skole in die dorp.
27 Apr 11PM 1 min

Withuis blameer Demokrate se taal vir sluipmoordpoging op Trump

Die verdagte in die skietery by die Withuis se jaarlikse korrespondente-dinee, Cole Tomas Allen, is aangekla van poging om Amerikaanse president Donald Trump te vermoor. Allen, 'n 31-jarige van Kalifornië, is ook aangekla van wapenmisdrywe wat verband hou met die voorval by die Washington DC Hilton. Die Withuis se perssekretaris,…
27 Apr 11PM 1 min

Land is 'stortingsterrein vir gevaarlike insekdoders'

Greenpeace Africa, saam met verskeie burgerlike groepe, pleit vir 'n vasteland-verbod op hoogs gevaarlike plaagdoders en waarsku dat die produkte bydra tot kanker, onvrugbaarheid en omgewingskade. Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp by die Okavango-rivier, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sy steun vir die voorgestelde verbod uitgespreek en…
27 Apr 11AM 1 min

Vermy doop in riviere, vra polisie na verdrinkings

Die polisie in Mpumalanga vra inwoners om godsdienstige byeenkomste in riviere te vermy ná verskeie verdrinkings. Woordvoerder Jabu Ndubane het bevestig drie kinders het in die Wellasrivier in eMbalenhle verdrink, en 'n bejaarde pastoor het in die Etiyeni-dam verdrink. Sy sê geregtelike doodsondersoeke is geopen. Ndubane waarsku gemeenskappe om veiligheid…
27 Apr 11AM 1 min