Vrugtevlieg onder die loep vir volgehoue druiwe- en tamatie-uitvoere

Loading player...
Na 'n tydelike uitvoerverbod op Namibiese tamaties en tafeldruiwe na Suid-Afrika laat verlede jaar, versterk Namibië pogings om vrugtevliegrisiko's beter te bestuur en aan internasionale fitosanitêre standaarde te voldoen. Werkswinkels is nou aan die gang in Aussenkehr om belanghebbendes met kritieke opleiding toe te rus. James Nzehengwa, die adjunkdirekteur vir landbouproduksie, sê die opleiding is daarop gemik om uitvoermededingendheid te versterk en volhoubare toegang tot streeks- en globale markte te verseker.
24 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taakspan vind oorskot van vermiste EFF-lid

Die Gautengse Taakspan oor Politieke Moorde het die EFF-lid, Aaron Makola wat in Bronkhorstspruit as vermis aangemeld is, gevind. Die 51-jarige Makola het op 10 Julie vermis geraak en sy voertuig is later verlate gevind. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die taakspan het die ondersoek oorgeneem nadat hulle met…
31 Jul 4AM 1 min

Bedrieërs tree toe by SME-fonds

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad waarsku die publiek en SME-fondsaansoekers oor bedrieglike e-posse wat voorgee dat hulle amptelike SME-fonds-aanvaardingskennisgewings is. Woordvoerder Catherine Shipushu sê daardie e-posse is bedoel om ontvangers te mislei en te bedrieg. Sy sê bedrieërs doen hulle voor as lede van die SME-fondsspan en dring daarop aan…
31 Jul 3AM 1 min

SA-kabinet sê ja vir rybewyse geldig vir 10 jaar

Die ministerie van Vervoer het die kabinet se goedkeuring verwelkom om die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf tot tien jaar te verleng. Die verandering is van toepassing op ligte voertuig- en motorfietslisensies, terwyl swaarvoertuiglisensies en professionele bestuurspermitte hul huidige hernuwingstydperke sal behou. Die woordvoerder van die ministerie,…
31 Jul 3AM 1 min

Zim bestee N$79m op repatriasie

Zimbabwe se minister van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, professor Mthuli Ncube, sê die regering het sowat 79,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan die repatriasie en herinskakeling van landsburgers wat uit Suid-Afrika terugkeer. Meer as 36 000 Zimbabwiese burgers het deur regeringsondersteunde reëlings, en byna 80 000 het op hul eie…
31 Jul 3AM 1 min

Malema sê Ramaphosa moet nes enige ander burger behandel word

Die leier van die EFF, Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa moet nie anders behandel word as enige ander burger nie en die Phala Phala-verantwoordingsproses moet voortgaan. Malema het aan die media gesê die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap wat die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek gestaak het, skep…
31 Jul 2AM 1 min