Befondsing vir die SANW dringend nodig

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend aandag te skenk aan die belofte om bykomende hulpbronne aan die weermag toe te ken. Die vereniging sê die weermag ondervind stygende operasionele uitgawes, 'n veranderende veiligheidsomgewing en hulpbronbeperkings. Claude Naicker van die vereniging sê hulle wys al jare op die gevolge wat besnoeiings aan die begroting op militêre personeel, infrastruktuur, toerusting en operasionele gereedheid kan hê:
24 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taakspan vind oorskot van vermiste EFF-lid

Die Gautengse Taakspan oor Politieke Moorde het die EFF-lid, Aaron Makola wat in Bronkhorstspruit as vermis aangemeld is, gevind. Die 51-jarige Makola het op 10 Julie vermis geraak en sy voertuig is later verlate gevind. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die taakspan het die ondersoek oorgeneem nadat hulle met…
31 Jul 4AM 1 min

Bedrieërs tree toe by SME-fonds

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad waarsku die publiek en SME-fondsaansoekers oor bedrieglike e-posse wat voorgee dat hulle amptelike SME-fonds-aanvaardingskennisgewings is. Woordvoerder Catherine Shipushu sê daardie e-posse is bedoel om ontvangers te mislei en te bedrieg. Sy sê bedrieërs doen hulle voor as lede van die SME-fondsspan en dring daarop aan…
31 Jul 3AM 1 min

SA-kabinet sê ja vir rybewyse geldig vir 10 jaar

Die ministerie van Vervoer het die kabinet se goedkeuring verwelkom om die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf tot tien jaar te verleng. Die verandering is van toepassing op ligte voertuig- en motorfietslisensies, terwyl swaarvoertuiglisensies en professionele bestuurspermitte hul huidige hernuwingstydperke sal behou. Die woordvoerder van die ministerie,…
31 Jul 3AM 1 min

Zim bestee N$79m op repatriasie

Zimbabwe se minister van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, professor Mthuli Ncube, sê die regering het sowat 79,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan die repatriasie en herinskakeling van landsburgers wat uit Suid-Afrika terugkeer. Meer as 36 000 Zimbabwiese burgers het deur regeringsondersteunde reëlings, en byna 80 000 het op hul eie…
31 Jul 3AM 1 min

Malema sê Ramaphosa moet nes enige ander burger behandel word

Die leier van die EFF, Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa moet nie anders behandel word as enige ander burger nie en die Phala Phala-verantwoordingsproses moet voortgaan. Malema het aan die media gesê die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap wat die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek gestaak het, skep…
31 Jul 2AM 1 min