Tolashe sê sy het nie oor Chinese voertuie gelieg nie

Loading player...
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, het ontken dat sy die Parlement mislei het oor Chinese voertuigskenkings vir die ANC-vroueliga. Sy het na bewering twee luukse voertuie, wat glo deur Chinese amptenare geskenk is, in die name van haar kinders, eerder as die ANC-vroueliga geregistreer. Tolashe het Woensdag voor die Parlement se portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling verskyn en gesê toe sy op 'n skriftelike parlementêre vraag oor die skenking gereageer het, het sy nie gejok oor hul aanwending nie:
7 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pogačar ewenaar rekord na Tour de France wen

Die Sloween Tadej Pogačar het met sy vyfde sege in die wedren, die rekord vir Tour de France-oorwinnings geëwenaar, en daarmee sy status as een van die sport se allergrootstes bevestig. Die 27-jarige Pogačar van die Emirates-XRG-span het ses minute en 26 sekondes voor die Belgiese ryer Remco Evenepoel op…
27 Jul 1AM 1 min

Forum vra verwydering van Johnson

Die Activists and Citizens Forum doen 'n beroep op die verwydering van die hoof van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, na haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Johnson se erkenning dat sy nie brigadier Dineo Mokwele se kwalifikasies nagegaan het voordat…
27 Jul 1AM 1 min

Tydrenkampioenskap op Tsumeb stel nie teleur nie

Die derde been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskappe is met groot sukses oor die naweek op Tsumeb afgehandel. Francois Lottering was, met die begunning van Jou Ma se Kombuis, daar, en het al die uitslae.
27 Jul 1AM 1 min

Sonnige weer die week

Namibië se weer vir vandeesweek sal meestal sonnig en droog bly, met warm dagtemperature en koel woestyn- en binnelandse nagte. Albertina Anderson, 'n weervoorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar baie min kans op reën oor die land vir die week is.
27 Jul 1AM 1 min

Doodse stilte van Zim-regering oor vergoeding aan boere

Vyf maande nadat hy op 24 Februarie 'n ope brief aan Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa ingedien het, sê menseregte-voorstander en woordvoerder van die SAOG-tribunaal Rights Watch, Ben Freeth, dat hy steeds op 'n antwoord wag. In die brief kritiseer Freeth Zimbabwe se vergoedingsraamwerk vir voormalige kommersiële boere en voer aan…
27 Jul 12AM 1 min