'Regering se BKS-inentingsveldtog sal misluk'

Loading player...
Die boere-inisiatief, FMD Response SA, sê daar is ʼn 90- tot 95-persent kans dat die regering se huidige bek-en-klouseer-inentingsveldtog sal misluk. Die regering sê hy wil teen Desember 80-persent van die land se beeste inent. FMD Response SA se voorsitter, Stephen Butt, het aan Business Day TV gesê die enigste manier om te keer dat die siekte versprei, is deur seker te maak die 14-miljoen beeste in die land word binne ses tot agt weke ingeënt om immuniteit teen die siekte te verseker:
7 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pogačar ewenaar rekord na Tour de France wen

Die Sloween Tadej Pogačar het met sy vyfde sege in die wedren, die rekord vir Tour de France-oorwinnings geëwenaar, en daarmee sy status as een van die sport se allergrootstes bevestig. Die 27-jarige Pogačar van die Emirates-XRG-span het ses minute en 26 sekondes voor die Belgiese ryer Remco Evenepoel op…
27 Jul 1AM 1 min

Forum vra verwydering van Johnson

Die Activists and Citizens Forum doen 'n beroep op die verwydering van die hoof van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, na haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Johnson se erkenning dat sy nie brigadier Dineo Mokwele se kwalifikasies nagegaan het voordat…
27 Jul 1AM 1 min

Tydrenkampioenskap op Tsumeb stel nie teleur nie

Die derde been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskappe is met groot sukses oor die naweek op Tsumeb afgehandel. Francois Lottering was, met die begunning van Jou Ma se Kombuis, daar, en het al die uitslae.
27 Jul 1AM 1 min

Sonnige weer die week

Namibië se weer vir vandeesweek sal meestal sonnig en droog bly, met warm dagtemperature en koel woestyn- en binnelandse nagte. Albertina Anderson, 'n weervoorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar baie min kans op reën oor die land vir die week is.
27 Jul 1AM 1 min

Doodse stilte van Zim-regering oor vergoeding aan boere

Vyf maande nadat hy op 24 Februarie 'n ope brief aan Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa ingedien het, sê menseregte-voorstander en woordvoerder van die SAOG-tribunaal Rights Watch, Ben Freeth, dat hy steeds op 'n antwoord wag. In die brief kritiseer Freeth Zimbabwe se vergoedingsraamwerk vir voormalige kommersiële boere en voer aan…
27 Jul 12AM 1 min