US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
32 – 52

DIE VEREVROU

Jan van Tonder, in gesprek met Nélleke de Jager Aangebied deur Human & Rousseau Liora word op ’n volstruisplaas in Algerië groot. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums. Maar onrus bou op in Algerië, en…
6 Mar 2019 59 min

"THE BOSS" WORD 70

Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach, Desmond Painter, Andries Bezuidenhout en Lise Swart “Ek het die toekoms van rock ’n roll gesien en sy naam is Bruce Springsteen,” kondig die musiekskrywer Jon Landau in 1974 aan. ’n Jaar daarna word sy voorspelling bewaarheid toe Born To Run die wêreld tref. In…
6 Mar 2019 1 hr 25 min

VROUE IN KUNS

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
6 Mar 2019 35 min

JEANETTE FERREIRA: BLOEDLELIE

In gesprek met Willemien Brümmer Aangebied deur LAPA Uitgewers Wie was die Magdalena, wat in 1838 haar man, Piet Retief, sien vertrek het na ’n vergadering met Zulu-koning Dingaan om oor grond te onderhandel? Hanna, ’n hedendaagse vrou, wonder hieroor wanneer sy en haar geliefde ondersoek instel na ’n grondeis…
6 Mar 2019 1 hr 02 min

VLADISLAVIĆ EN KALMER

Ivan Vladislavić en Harry Kalmer, in gesprek met Frederik de Jager Aangebied deur Penguin Random House In The Distance, Ivan Vladislavić se nuwe roman, vertel Branko die verhaal van sy jonger broer, Joe, en dié se fassinasie met die bokser Muhammad Ali. Hy roep die magiese op van die bokskryt,…
6 Mar 2019 1 hr 02 min

CRIME IN HEELS

Met: Yrsa Sigurdardóttir, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Irma Venter, in gesprek met Mike Nicol. Sterk vroue, geweld en die broederskap van manlike misdaadskrywers is onder die vergrootglas wanneer Karin Brynard (Homeland), Bettina Wyngaard (Jagter) en Irma Venter (Sondag) om ’n tafel sit met die internasionaal bekroonde Yrsa Sigurdardóttir (The…
6 Mar 2019 1 hr 02 min

NUWE BLOED

Rudie van Rensburg, Jo Nel en Beyers de Vos, in gesprek met Carina Diedericks-Hugo Aangebied deur Penguin Random House en NB-Uitgewers ’n Berig oor mensehandel, ’n poedel wat verwurg is, of die psigopatie van wraak... As dit die vonk vir jou storie is, waar begin jy krap om daardie donker…
6 Mar 2019 58 min

OUR LOVE LETTERS

Karina Szczurek, in gesprek met Kerneels Breytenbach Aangebied deur Protea Boekhuis Haar man het haar met briewe die hof gemaak, vertel Karina Szczurek van die skrywer André P. Brink, met wie sy ’n dekade getroud was. Nou is dié briefwisseling sedert hulle ontmoeting in Desember 2004 in Oostenryk deur Karina…
6 Mar 2019 51 min

RITA GILFILLAN

Met: Christine Barkhuizen-le Roux Aangebied deur Naledi In haar jongste en vierde bundel kortverhale, Wanneer bloekoms dans, speel Rita Gilfillan met die krag van woorde – in die uitbeelding van erotiek, die onsêbare in ’n spookstorie, tragedies geverf op ’n kleiner doek waar dit eerder oor die klein dinge van…
6 Mar 2019 55 min

SOOS 'N KOEIPAAL

Met: Ronelda S Kamfer Jan Rabie & Marjorie Wallace-lesing, UWK “Daar was ’n koeipaal op die plaas in Grabouw, maar geen koeie nie. Net appels,” sê die digter Ronelda S Kamfer, die eerste vroulike en eerste swart wenner van die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs in haar lesing aan die einde…
6 Mar 2019 1 hr 19 min

DIE OOKANSTE OEWER

Abel Pienaar en Flip Schutte, in gesprek met Carel Anthonissen en Theo Geyser Aangebied deur Naledi Godsdiens is ’n vlot vir spiritualiteit, en tot onlangs was dit ’n heel nuttige vlot. Maar tye het verander. Ons het nou die oorkantste oewer bereik. Die landskappe het indringend verander. Dit plaas enorme…
6 Mar 2019 1 hour

PIETER VAN ZYL: GERT & JOEY

Aangebied deur Penguin Random House Pedofilie. Ontvoering. Moord? In Suid- Afrikaners se koppe het dié begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die 30 jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste paartjie,…
6 Mar 2019 59 min

INGRID MET ZAKES MDA

Ingrid Winterbach vra Zakes Mda uit. Aangebied deur Penguin Random House In 1885 is ’n groep mans, bekend as “Farini’s Friendly Zulus”, na Brittanje en toe na Amerika geneem om sogenaamde curiosities te verrig. En daarom open die veelbekroonde Zakes Mda (wat hom deesdae as professor in Ohio bevind) se…
5 Mar 2019 57 min

DIE ROL VAN VERBEELDING

Met: Andries Bezuidenhout NP van Wyk Louw-lesing, UJ In sy NP van Wyk Louw-lesing by die Universiteit van Johannesburg betoog Andries Bezuidenhout vir ’n talige transnasionalisme, eerder as taalnasionalisme, as strategie om die voortbestaan van ’n Afrikaanstalige kultuurlewe te bevorder. In Utopiese verbeelding en Afrikaans: ’n Gesprek met T Dunbar…
5 Mar 2019 1 hr 04 min

SUNA VENTER - GEDENKLESING

DIE JOERNALIS SUNA VENTER, WAT IN 2017 OP 32-JARIGE OUDERDOM AAN GEBROKE HART-SINDROOM (STRESKARDIOMIOPATIE) DOOD IS, WAS EEN VAN SUID-AFRIKA SE NUWE GENERASIE VRYHEIDSVEGTERS.
5 Mar 2019 26 min

OPSTOKERS EN FOPDOSSERS

Herman Lategan, in gesprek met Nic de Jager Aangebied deur Penguin Random House Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos ’n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Sy stories en besinnings, Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse, versamel uit sy “Woorde wat wip”-rubriek in Rapport, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte…
5 Mar 2019 1 hr 02 min
32 – 52