US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
52 – 72

STAMINA VIR 'N SPEURREEKS

Met: Rudie van Rensburg, Mike Nicol en Bettina Wyngaard, in gesprek met Jonathan Amid Aangebied deur Penguin Random House en NB-Uitgewers Hoe hou jy jou Kassies vars? Wanneer gaan Fish sy branderplank in die motorhuis los en Nicci die klomp in die Khayelitsha-polisiestasie onder hulle jis skop? Drie ervare reeksskrywers,…
5 Mar 2019 51 min

MIN SHAW: DIE SPROKIE

Met: Shaun Andrew Mynhardt en Min Shaw Aangebied deur Protea Boekhuis Sy was die prinses in die sprokie, met ’n soet stem wat menige sterk man ’n traan sou laat pink. Die Jy is my liefling-ster, Min Shaw, se biografie, Sprokie van ’n liefling – ’n plakboek van herinneringe, het…
5 Mar 2019 49 min

SLIMFONE KOOP NIE GELUK

Met: Stephan Joubert en Johan Smith Aangebied deur CUM-Uitgewers Facebook, WhatsApp, Instagram, Twitter, SnapChat ... Alles is op ons slimfoon beskikbaar om meer connected te wees. Waarom is daar dan meer eensame, depressiewe mense, wanfunksionele gesinne en slegter verhoudings as ooit tevore? Stephan Joubert en Johan Smith bespreek dié belangrike…
5 Mar 2019 1 hr 02 min

THEO KEMP: STRAFJAART

Met: Kabous Meiring Aangebied deur Penguin Random House In Strafjaart word ’n wit, middeljarige man uit sy gemaksone geruk wanneer sy laatlam-tannie, Lizette, in Pollsmoor beland. In die wagkamer van die tronk word hy ingetrek by die lewens van ’n vreemde versameling kleurryke figure, wat sy lewe totaal onderstebo keer,…
5 Mar 2019 58 min

THE CORONER'S WIFE

Joan Hambidge en Douglas Reid Skinner, in gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Dryad Press ’n Keuse van vertaalde gedigte uit meer as 25 van Joan Hambidge se poësiebundels is hier versamel met verskeie gevestigde digters, soos Johann de Lange, Charl Cilliers, Jo Nel en Douglas Reid Skinner, wat as…
5 Mar 2019 1 hour

HUMOR TEEN DIE PYN

Ingrid Winterbach, Tinus Horn en Charl-Pierre Naudé, in gesprek met Bibi Slippers Aangebied deur NB-Uitgewers Humor bind die drie skrywers saam. In Ingrid Winterbach se Die troebel tyd haak Magrieta Prinsloo, ’n dier- kundige, se kop uit op die verkeerde antidepressant en is sy haar loopbaan kwyt. Haar nuwe pos…
5 Mar 2019 59 min

AFRIKAANS SE AFRIKA-KOMVANDAAN

Met: Theresa Biberauer, Karin Brynard en Willa Boezak Aangebied deur LAPA Uitgewers Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Hoe het die Khoi en Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans, die Kalahari, die townships? Christo van Rensburg se Van…
5 Mar 2019 59 min

STEINHOFF'S SHADOW

Rob Rose, James-Brent Styan en Pieter du Toit, in gesprek met Peter Bruce Steinhoff se ineenstorting het ’n lang skadu gegooi oor die Johannesburgse Effektebeurs, die pensioenfondse van miljoene gewone Suid-Afrikaners én magnaat Christo Wiese – veral toe stories van gekookte syfers en ’n vinnige lewe van renperde en ’n…
5 Mar 2019 1 hr 01 min

"PAPBOEK" VIR 'N VERRAAIER

Harry Kalmer en Hannelie Coetzee, in gesprek met Ingrid Winterbach Die storie van ’n Hollander wat vir die Boere geveg het en as verraaier deur die Wolmaransstad-krygshof gefussileer is, het Harry Kalmer en kunstenaar Hannelie Coetzee só geïnspireer dat hulle ’n “anderse” boek daarvan wou maak. Die uiteinde is ’n…
5 Mar 2019 58 min

DIE BRAAMBOS BLY BRAND

Met: Chris Jones, Pieter Malan, Julian Jansen, Rachelle Greeff en Valiant Swart Aangebied deur Naledi Pieter Malan en Chris Jones, samestellers van Die braambos bly brand – nie-teoloë se perspektiewe op Bybelverse, gesels met sanger Valiant Swart, skrywer Rachelle Greeff en joernalis-skrywer Julian Jansen oor hulle bydraes tot dié spesiale…
4 Mar 2019 43 min

AMORE BEKKER; TOE-VAL-LIG

Met: Izak du Plessis Aangebied deur Human & Rousseau Amore Bekker van RSG se keuse van die 100 beste, soms ongelooflike ware stories van toeval, soos uitgesaai in haar middagprogram, Tjailatyd, is ’n spanpoging. Luisteraars landwyd deel hulle ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar aanraak,…
4 Mar 2019 47 min

KICK-ASS HEROINES

Joanna Trollope, Carina Diedericks-Hugo en Sophia Kapp, in gesprek met Hannelie Booyens Die Britse blitsverkoper (haar boekverkope raak-raak aan 7 miljoen!) het nie ’n wag voor haar mond nie. As ontvanger van die Order of the British Empire het sy dalk nie een nodig nie. En oor een ding bly…
4 Mar 2019 57 min

RAINBOW NATION BY CAR

Dana Snyman en Sihle Khumalo, in gesprek met Erns Grundling Aangebied deur Penguin Random House Net soos Dana Snyman in Uit die binneland, openbaar Sihle Khumalo ’n groot liefde vir die platteland en sy mense. En dis hierheen waarna hy terugkeer in Rainbow Nation My Zulu Arse, sy tong stewig…
4 Mar 2019 1 hr 01 min

GERAAMTES VAN 'N OU REGIME

Liza Smit, Raquel Lewis en Evelyn Groenink, in gesprek met Anneliese Burgess Liza Smit was 13 toe haar aanneem- ouers, die NP-politikus Robert Smit en sy vrou, raaiselagtig vermoor is, met “RAU TEM” teen die muur geverf as die enigste leidraad. In Incorruptible ondersoek die Nederlandse joernalis Evelyn Groenink oor…
4 Mar 2019 1 hr 02 min

DIE KRIEGLER-GESPREK

Johann Kriegler gesels met Rafael Marques de Morais en Adriaan Basson Oudregter Johann Kriegler ondervra twee topjoernaliste, 2018 se World Press Freedom Hero Rafael Marques de Morais van Angola, en News24- redakteur en skrywer Adriaan Basson, oor die wisselwerking tussen persvryheid en menseregte en watter rol ondersoekende joernaliste kan speel…
4 Mar 2019 1 hr 05 min

REBELLIE EN VERSET

Met: Connie Palmen, Adrian “Diff” van Wyk en Valda Jansen Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV Die grande dame van Nederlandse letterkunde Connie Palmen debatteer met plaaslike skrywers Valda Jansen en Adrian “Diff” van Wyk oor die jeug, rebellie en verset: Behoort dit net aan die…
2 Mar 2019 59 min

WAAR BENDES REGEER

Jeremy Vearey, Anneliese Burgess en Judith February, in gesprek met Herman Wasserman Of dit staatskaping is waar ’n groepie korrupte elite die geldkoffers plunder, ’n transito-paneelwa wat deur balaklawa-rowers aan flarde geskiet word, of ’n territoriale vete op die Vlakte wat geen kinderlewe ontsien nie, ons land word regeer deur…
2 Mar 2019 1 hr 06 min

DEON MEYER: PROOI

Aangebied deur Human & Rousseau Met: Irma Venter Griessel en Cupido wil nie die dossier hê nie. Die een van Johnson Johnson, die oudpoliesman wie se lyk langs die treinspoor anderkant Drie Susters gekry is. En daar’s groot druk van bo af om dit selfmoord te noem. Dit lyk al…
2 Mar 2019 1 hr 01 min

VALSE VRIENDE

Vytjie Mentor en Johan Booysen, in gesprek met Pearlie Joubert Die Zuma-fluitjieblaser Vytjie Mentor (No Holy Cows) en oudhoof van die KwaZulu-Natal Valke, majoor-generaal Johan Booysen (Blood On their Hands – General Johan Booysen Reveals His Truth), praat pront oor die etiket van om as “verraaier” gebrandmerk te word, en…
2 Mar 2019 45 min
52 – 72