Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2460 – 2480

Namibiërs sat vir leë beloftes, sê Amupanda

Die leier van Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het Donderdag tydens ‘n nuuskonferensie nie doekies oor die leë beloftes van die heersende party omgedraai nie – hy't selfs kragwoorde gebruik. Tydens ‘n oorsig van die AR se vyf maande in die parlement, het Amupanda gesê die party fokus nie net op…
12 Sep 6AM 1 min

Forum mor oor vroue-vanne in SA

Die Forum for South Africa het die Konstitusionele Hof se uitspraak veroordeel wat mans toelaat om kragtens wet hul vrouens se vanne aan te neem. Die hof het bevestig dat dele van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik is, wat in wese 'n laer hof se…
12 Sep 6AM 1 min

Adjunkhoof van BoN dien op AFI-direksie

Die adjunkgoewerneur van die Bank van Namibië, Leonie Dunn, is tot die internasionale direksie van die Alliansie vir Finansiële Insluiting verkies. Dunn sê die aanwysing is nie net ‘n persoonlike eer nie, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid. BoN-woordvoerder Suzette Apollus verduidelik meer oor Dunn se aanstelling:
12 Sep 5AM 1 min

Wes-Kaapse polisie raadop met bendegeweld

Die GOOD Party sê die onlangse toename van die getal bendeverwante misdade in die Wes-Kaap het gelei tot die polisie wat erken hulle het nie 'n werkbare plan om dit te beëindig nie. Die Global Initiative Against Transnational Crime het verlede week sy kwartaallikse Western Cape Gang Monitor publiseer. Die…
12 Sep 5AM 1 min

Nóg skoksyfers oor bendegeweld in SA

Die Tshwane-polisie het gister 359 verdagtes in Garsfontein en Boschkop vasgetrek tydens Operasie Shanela. Hulle oortredings sluit in moord, poging tot moord, verkragting en aanranding. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 65 onwettige buitelanders is ook aangekeer en aan immigrasie-owerhede oorhandig:
12 Sep 4AM 1 min

Hoogste eer vir Charlie Kirk, besluit Trump

President Donald Trump van Amerika het bevestig die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, sal nadoods met die Presidensiële Vryheidsmedalje vereer word. Dis die hoogste burgerlike eer wat die president kan toeken. Kirk, ʼn Trump-ondersteuner, is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University studente toegespreek het. Dit was die eerste…
12 Sep 4AM 1 min

Huismark koel af in tweede kwartaal

Namibië se huismark klim steeds, maar tekens van afkoeling begin opduik. In die tweede kwartaal toon die FNB Huisprysindeks 'n jaarlikse groei van 7,7 persent, stadiger as die vorige kwartaal se 9,4 persent, maar ver bo verlede jaar se beskeie 1,7 persent. Die nasionale gemiddelde huisprys staan nou op net…
12 Sep 3AM 1 min

Herrie los in Brittanje ná afdanking van ambassadeur

Die vonke spat in Brittanje na die afdanking van die ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson. Mandelson is in die pad gesteek oor sy sterk verbintenis met Jeffrey Epstein, maar hy word ook die “Trump whisperer” genoem. Dit is weens sy goeie verhouding met die Amerikaanse president, wat ook 'n…
12 Sep 3AM 1 min

Sankwasa sit voet neer oor S&T

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die Ondangwa-dorpsraad oor die vingers geraps omdat daar nie by voorgeskrewe reis- en verblyfstoelaes gehou word nie. Hy is ook omgekrap oor die uitvoerende hoof se vergoedingspakket, wat hy nie goedgekeur het nie. Sankwasa is voorts bekommerd omdat hy nog…
12 Sep 2AM 1 min

Thabo Bester vat Netflix hof toe

MoAfrika Wa Maila, die prokureur van veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, sê Netflix moenie toegelaat word om Suid-Afrikaanse regte met sy komende dokumentêr te skend nie. Dit volg nadat Bester en sy voormalige vriendin, Nandipha Magudumana by die hof aansoek gedoen het om die uitsending te keer van die dokumentêr, Beauty…
12 Sep 2AM 1 min

PDM 'uiters bekommerd' oor Speaker se optrede

Die Popular Democratic Movement het die optrede van Speaker Saara Kuugongelwa-Amathila ten sterkste veroordeel ná sy Donderdag twee AR-parlementslede hardhandig uit die Nasionale Vergadering laat verwyder het omdat hulle glo verrigtinge ontwrig het. PDM-leier McHenry Venaani sê die party is “uiters bekommerd” oor die Speaker se optrede:
12 Sep 1AM 1 min

VN waarsku teen 'nuwe, gevaarlike hoofstuk' in Israel-konflik

Die Verenigde Nasies waarsku die onlangse Israelse aanval op Katar is ʼn kommerwekkende ontwikkeling wat ʼn nuwe en gevaarlike hoofstuk in die verwoestende konflik kan inlui. Israel het Dinsdag ʼn aanval uitgevoer op Hamas se leierskap in Katar, wat ʼn belangrike bemiddelaar is in gesprekke oor ʼn skietstilstand in Gaza…
12 Sep 1AM 1 min

Kom bloei 'n bietjie: Dis vir 'n goeie doel!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre "Engine Bleed: The Ultimate Blood Drive" aan by The Old Wheelers Club, wat motorentoesiaste verenig vir 'n belangrike saak. Otjiwarongo-skenkers word ook aangemoedig om komende klinieke by te woon, insluitend die hoofinsameling by die C'est Si Bon Hotel op 17 en 18 September, met…
12 Sep 1AM 1 min

Amupanda beweer AR-lid in NV aangerand

Chaos wat Donderdag in die parlement uitgebreek ná ‘n onderonsie tussen die AR-leier Job Amupanda en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila, maak steeds opslae. Ná hy en nog ‘n AR-parlementslid, Tuhafeni Kalola, hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder is, moes Kalola mediese behandeling kry, het Amupanda die Huis meegedeel ná verrigtinge hervat…
12 Sep 12AM 1 min

N$600 m se staatseffekte op NSX verhandel

Meer as 600 miljoen Namibiese dollar se staatseffekte is Woensdag op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, die grootste verhandeling in staatseffekte in ‘n enkele dag in die geskiedenis van die NSX. Die uitvoerende hoof van die beurs, Tiaan Bazuin, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is danksy ‘n doeltreffende verhandelingstelsel…
12 Sep 12AM 1 min

SA munisipaliteite verdrink in waterskuld

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering gaan strenger maatreëls instel teen munispaliteite wat nie hulle waterbetalings handhaaf nie. Mashatile het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê waterrade het teen Junie vanjaar, meer as 25 miljard rand aan waterrade geskuld. Hy sê metro's, insluitende Johannesburg en Tshwane in Gauteng, en…
11 Sep 11PM 1 min

Polisie het beeldmateriaal van verdagte in Charlie Kirk-moord

In Amerika het speurders nog nie die persoon gevind wat die konserwatiewe jeugleier, Charlie Kirk, vermoor het nie, maar hulle het beeldmateriaal van hom. Die FBI het ook aangekondig dat hulle 'n wapen herwin het wat hulle meen die moordwapen is. 'n FBI agent, Robert Bohls, het aan die media…
11 Sep 11PM 1 min

Parlement verdaag na chaos uitbreek

Wat veronderstel was om 'n roetine vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering te wees, het vanmiddag in chaos ontaard. Spanning het opgevlam toe die AR-parlementslid Tuhafeni Kalola 'n bevel van Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila om die kamer te verlaat verontagsaam het, wat gelei het tot 'n fisiese konfrontasie tussen veiligheidsbeamptes en mede-AR-leier…
11 Sep 11AM 1 min

Dodetal toe taxi in kleuterskool vasjaag styg na 5

Die dodetal het tot vyf gestyg nadat 'n taxi vanoggend in Imbali, Pietermaritzburg, teen 'n kleuterskool vasgejaag het. Meer as tien kinders is beseer. Die bestuurder van die taxi het leerders van verskeie plaaslike skole vervoer, en het beheer verloor op 'n draai voordat die voertuig teen 'n boom gebots…
11 Sep 11AM 1 min
2460 – 2480