Die handelministerie het saam met die industrialisasie-ministerie konsultasies van stapel gestuur om die sakesektor te betrek. Die sessies is daarop gemik om bewustheid van die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms te verhoog en die implementering daarvan te ondersteun. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi sê die inisiatief is die sleutel om plaaslike besighede te help…
AfriForum beskuldig die Stad Tshwane dat hy sy eie regulasies oor die Brandweerdiens oortree. Die burgerregte-organisasie sê 'n aantal begraafplase en ander munisipale terreine, soos oop stukke veld en die stuk veld langs paaie, hou 'n ernstige brandgevaar in omdat hulle nie behoorlik in stand gehou word nie. Tarien Cooks…
Die Regshulpsentrum en die Europese Unie het 'n vierdaagse regsbemagtigingsprogram in Tsumkwe afgesluit. Die program is daarop gemik om toegang tot geregtigheid in San-gemeenskappe te bevorder. Die inisiatief, wat San-regsassistente van regoor die land bymekaarbring, fokus op die versterking van regskennis, menseregtebewustheid en gemeenskapsvoorspraak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
Daar word baie berig oor die impak van tariewe op Suid-Afrika. Die VSA het 30 persent tariewe op die buurland ingestel vanaf 1 Augustus en dit wil voorkom asof onderhandelings nie werklik vorder nie. Veral die voertuig- en onderdele-vervaardigingsbedryf sal na verwagting erg deurloop, met sowat 100 000 werke wat…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by Nipam 'n uiters ferm boodskap aan staatsamptenare gerig om dienslewering te verbeter. Sy sê amptenare moet hulle houdings laat staan.
Na 15 jaar se sukkel, sal Windhoek Sentrale Hospitaal uiteindelik sy warmwaterstelsels herstel. Die werkeminister Veikko Nekundi het 'n projek van 6,4 miljoen Namibiese dollar deur die Namibiese Ingenieurskorporasie in werking gestel, onder die vervoerministerie. Nekundi maan ook dat instandhouding kritiek is, regoor die land.
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, moet dringend ʼn nuwe raad vir die Openbare Beleggingskorporasie aanstel. Die vorige raad se termyn het verstryk. Intussen is die korporasie se uitvoerende hoof, Thabiso Moshikara, geskors te midde van ernstige bewerings oor omkoopgeld van 3-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die…
Daar is meer inligting bekend oor die Namibiese Statistieke-agentskap se finansiële insluitingsopname se loodsprojek wat volgende week begin in Khomas. Dit is ‘n klein opname met die doel om die data-insamelingsinstrumente, veldprosedures en die algehele metodologie voor die hoofopname te toets. Esther Simasiku, kommunikasiebeampte by agentskap, het meer.
Rugby: Die Springbok-agterspeler, Aphelele Fassi, sê hulle maak gereed vir ʼn Georgiese span wat tradisioneel sterk vorentoe beur wanneer die bal by die agterlyn beland. Die 23-jarige gaan môremiddag in Mbombela, Mpumalanga, die 12de keer vir die Bokke uitdraf wanneer hulle Georgië pak. Fassi, wat saam met Kurt-Lee Arendse en…
Adjunkpresident Paul Mashatile het Suid-Afrika en China se verbintenis bevestig om samewerking ter ondersteuning van inklusiewe ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Hy is op ʼn werksbesoek aan China om bilaterale betrekkinge en ekonomiese samewerking tussen die twee lande te versterk. Mashatile sê die verhouding baat albei lande deur…
Namcor en Giraffe Energy Investments, geaffilieer met Kanada se Sintana Energy, se PEL 79-eksplorasielisensie in Namibië se Oranje-kom is verleng tot Julie 2026. Namcor besit 67 persent van die lisensie, wat blokke 2815 en 2915 dek, en Giraffe die res. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka,…
Voormalige Air Namibia-werkers poog nog steeds om finale betaling in hulle skeidingspakkette te ontvang en het met die lynministerie vergader, nie net hieroor nie, maar ook die ooreenkoms dat hulle eerste opgeroep sal word sou ‘n redery weer op die been gebring word. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard,…
Telecom Namibia het beplande instandhouding aangekondig vanaf vandag tot 23 Julie wat die Erongo-, Otjozondjupa-, Oshikoto-, Kavango Wes-, Kavango Oos- en Zambezi-streke sal raak. Kliënte kan onderbrekings in stem- en datadienste verwag. Werk word oornag geskeduleer om ontwrigting te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndapewa Neshila, segspersoon by…
Otjozondjupa-goewerneur, John Khamuseb, het sy streeksrede gelewer en baie groot teikens gestel en beloftes gemaak, waaronder ‘n landbou-kollege vir Otjiwarongo. Daar benewens het hy groot planne vir grond rondom die streek se damme. Hy wil die grond om die damme bekom.
‘n Voormalige strateeg vir die Republikeinse Party, Matthew Bartlett glo nie die Epstein-sage gaan verdwyn nie. Hy sê die publiek, en ook president Donald Trump se binnekring wil weet en dat die onbekende Trump se gesag ondermyn. Hy sê daar is talle vrae…
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die komende tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word, hou ʼn duidelike en onmiddellike gevaar in vir belangrike sektore soos voertuigvervaardiging en landbou. President Cyril Ramaphosa het bevestig diplomatieke onderhandelinge word met Amerika gevoer om die tarief te verminder, spanning te…
'n Nasionale Digitale Geregtigheidstaakmag is gestig om die ontwikkeling van Namibië se Geïntegreerde Elektroniese Saakbestuur- en Inligtingstelsel te dryf. Die taakmag staan onder leiding van hoofregter Peter Shivute, en sluit sleutelverteenwoordigers van die regsektor in. Shivute het tydens die Nasionale Konferensie oor Regterlike Innovasie gesê samewerking is noodsaaklik om die…
Amerikaanse president Donald Trump ly aan chroniese veneuse onvoldoendheid, 'n bloedsomloop probleem waar die are in die bene sukkel om bloed terug na die hart te vervoer. Dit lei tot 'n opbou van bloed in die onderste ledemate. Dit kom na daar kommer uitgespreek is oor sy geswelde enkels. Karoline…
Die adjunkminister van Verdediging en Militêre Veterane, Bantu Holomisa, sê daar is op die oomblik geen eksterne bedreiging teen die land nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die week onthul die veiligheidsgroepering het 'n risiko van 'n staatsgreep geïdentifiseer. Sy het gesê die Nasionale Veiligheidstrategie en Nasionale…
Die Verenigde Nasies sê die toenemende geweld tussen sektes in die suide van Sirië asook Israel se lugaanvalle tot in sentraal-Damaskus het dié oorloggeteisterde land nader aan sy kantelpunt gestoot. Israel se weermag het 'n lugaanval op die buitewyke van die stad Suweida uitgevoer, terwyl botsings tussen vegters van stamme…
18 Jul 2025 3AM
1 min
3820 – 3840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.