Ten minste 104 mense waaronder 46 kinders is oornag dood in Israelse lugaanvalle in Gaza. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu die weermag opdrag gegee het om onmiddellik verskerpte aanvalle uit te voer. Hy beskuldig Hamas van die dood van 'n soldaat en die kamma-ontdekking van 'n gyselaar se…
Die Namibiese rugbyspan sal Saterdag teen Suid-Afrika se Sanlam Boland Kavaliers in Malmesbury in die Wes-Kaap in ‘n finale wedstryd speel, voor die span na Dubai vertrek in sy laaste poging om vir die 2027 Wêreldbeker te kwalifiseer. Die toernooi in Dubai vind plaas van 8 tot 18 November by…
Die bekende wildveearts, dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia, is genomineer vir die 2025 Worldwide Vets Golden Star-toekenning. Die jaarlikse toekenning erken individue vir hul bydraes tot dierewelsyn of -bewaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Tubbesing gesê die nominasie is 'n verrassing.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die vervoerministerie het die aankoop van 20 Toyota Land Cruiser Prado-voertuie ter waarde van meer as 24 miljoen Namibiese dollar vir openbare amptenare bevestig, maar nie almal is beïndruk nie. Die Republikeinse Party van Namibië het die skuif as verkwistende uitgawes bestempel. Partyleier…
Namibië het amptelik sy Euro-obligasie van 750 miljoen Amerikaanse dollar, ongeveer 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Die aankondiging is vandag gemaak deur die minister van finansies, Ericah Shafudah, wat bevestig het dat die regering die meerderheid van die vereiste fondse verseker het. Die oorblywende 6 miljard dollar is gefinansier deur…
Die ministerie van binnelandse sake het aangekondig dat aansoeke vir studiepermitte vir die 2026 akademiese jaar op 3 November sal open en op 20 Maart 2026 sal sluit. Alle buitelandse studente wat in Namibië studeer, of beplan om te studeer, word versoek om binne hierdie tydperk aansoek te doen. Geen…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy het volle vertroue in die stut Zachary Porthen. Die 21-jarige is gereed om Saterdag die eerste keer vir Suid-Afrika uit te draf in die toets teen Japan op Wembley in Londen. Die voormalige SA Onder-20-kaptein het slegs in vyf senior wedstryde vir die Stormers…
Die Mariental munisipaliteit het sy Informele Nedersetting Opgraderingsprojek van stapel gestuur, wat deel is van die regering se breër inisiatief om lewensomstandighede in informele gebiede te verbeter. Burgemeester Cherien Kock het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die projek is daarop gemik om meer duursame behuising te bied, toegang tot noodsaaklike…
'n Voormalige lid van die politieke moorde-taakspan, kaptein Maxwell Wanda, het aan die Madlanga-kommissie gesê lede van die Valke het ingemeng en aggressief opgetree tydens die inhegtenisneming van die sakeman Katiso “KT” Molefe in Desember verlede jaar. Molefe word daarvan beskuldig dat hy opdrag gegee het vir die moord op…
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Die opname sluit op 4 November. Die opname sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Mirjam Shihepo, die agentskap se kommunikasie beampte…
ʼn Ses-en-vyftigjarige man is gearresteer nadat die polisie by sy huis in Midrand, Gauteng, beslag gelê het op 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen. Die polisie het tydens ʼn misdaadintelligensie-operasie ʼn wenk opgevolg oor dwelms wat op ʼn kleinhoewe in Blue Hills, Midrand, geberg word. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe,…
Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Namibiese Landbou-unie het ‘n verlenging van agt maande, tot 31 Oktober, aangevra maar, dit geld net vir lede van die landbou-unie. Sakeus Ihemba, die hoofhidroloog by die…
Drie jong Afrika-omgewingsaktiviste ry per fiets deur Namibië om te pleit vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering, as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief het ten doel om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Die groep gaan vanmiddag in Windhoek…
Wetenskaplikes het bevind dat die Aarde se magneties veld vinniger verswak as verwag. Satellietdata toon dat die Suid-Atlantiese Anomalie, 'n swak gebied wat oor die Suid-Atlantiese Oseaan na Afrika strek, uitgebrei het tot ongeveer die helfte van die grootte van die Europese vasteland. Omdat die magnetiese veld die Aarde teen…
Nictus Holdings het nuwe grond in Walvisbaai gebreek. Die maatskappy begin met die konstruksie van ses nuwe kleinhandelwinkels oor twee top-liggings in die dorp. Die ontwikkeling dui op 'n groot uitbreiding vir die groep in die Erongo-streek, wat verskeie van sy toonaangewende handelsmerke onder een strategiese groeiplan saambring. Wilmar Fourie,…
Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, se opmerkings oor Afrikaner-selfbeskikking ondermyn Artikel 235 van die Grondwet. Die party voer aan Kubayi se opmerkings ondermyn 1994 se ooreenkoms wat kulturele en gemeenskapsregte erken. Wynand Boshoff van die VF Plus se die minister se bewering…
Weke nadat 'n olifant naby Onawa-dorpie in die Omusati-streek doodgeskiet is, het die United Democratic Front-parlementslid Nico Somaeb in die parlement kommer uitgespreek oor olifante wat mens-dier-konflik rondom Kamanjab veroorsaak. Somaeb het die premier versoek om maniere te vind om die situasie te hanteer voordat ernstige voorvalle plaasvind. Eerste minister…
Die DA het 'n dringende hersiening van die polisie se forensiese en ballistiese stelsels versoek na skokkende getuienis voor die Madlanga-kommissie. Bewyse het foutiewe verslae onthul wat die AK-47-geweer wat in die moord op die ingenieur Armand Swart gebruik is, verbind met minstens 20 ander moorde, insluitend DJ Sumbody, DJ…
Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die leierskap binne die SAPD moet spanwerk eerder as interne gevegte bevorder. Mathale het gepraat oor bewerings van interne geskille en sê meningsverskille bestaan, maar leiers moet samehangende spanne bou om misdaad doeltreffend te bestry. Hy…
29 Oct 3AM
1 min
1260 – 1280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.